Apologies to English readers.
This particular writing was requested by Afrikaans subscribers.
Vir my is Kersfees die mooiste tyd van die jaar. Daar is min dinge waarna ek so uitsien as ʼn kersboom met blink liggies en geskenke. Al is dit ʼn sonneblom gepluk langs die pad of ʼn handgemaakte kaartjie van iemand wat omgee. Dit gaan immers nie oor die grootte of prys van die geskenk nie, maar die simboliek.
Daar word egter al hoe meer druk geplaas op ons om kersvierings prys te gee en die motivering is een van die moeilikste om te bevraagteken - dis blykbaar die “Christenlike” ding om te doen. (Terselfdertyd maak die winkels dit redelik moeilik deur al meer kommersialiteit te beklemtoon – ñ argument op sy eie).
Sommige kerke verwerp verbeelding. Hulle voel dat kinders nie fantasieë mag navolg van sneeubedekte pole waar elwe hard werk aan die maak van geskenkies of waar rendiere ñ slee trek met ñ jolige vet omie met ñ lang wit baard geklee in rooi en wie deur “Ho-ho-ho” etiketteer word nie. Verbeelding is egter noodsaaklik vir kinders se ontwikkeling.
Meeste van ons beskou kersvader ook as ñ onskuldige simbool wat kinders help inlei tot die waardes van “gee”. Met ander woorde, ñ abstrakte idee wat op konkrete wyse aan hulle bekend gestel word want dis die vlak waarop hulle op daardie ouderdomme funksioneer. Mettertyd soos hul verstandelike vermoëns ontwikkel leer hulle mos kersvader bestaan glad nie.
Sommige mense is ook vreesbevange vanweë die oorsprong van kersvierings. Dit was mos heidens. Die operatiewe woord hier is egter, was.
In Swede destyds was Yule of Midvinterblot gevier met die koms van winter. Die lande het bar gelê, dit was bitter koud met lang donker nagte. Om die lig van die lewendgewende son aan die gang te hou is groot vure gemaak buitenshuis onder ñ groot denneboom. Eeue gelede is hierdie tradisie egter uitfaseer en die “yule logs” is by ʼn binnenshuise denneboom gebrand. Die brand van hout te midde van offerhande is oorgedra en aangepas deur generasies heen as die gebruik van kaggels, kerse en kersbome.
Nou wonder ek of dit regtig nodig om kersbome (kaggels en nog meer!) te vrees omdat dit destyds deel was van ander tradisies. Is dit nie ook vergeef en vergeet met Jesus se kruisiging nie?
Vir ons europese voorvaders was die seisoensveranderinge vreesaanjaend en donker. Lig was noodsaaklik. Met die koms van Jesus het die ware Lig egter opgedaag wat nie slegs op individue aanspraak maak nie, maar ook op die feesdae wat deur hulle gevier word. So het die tradisies wat daarop gemik was om lig te verskaf ewentueel begin om die koms van die Lig te vier – Sy geboorte.
Daar is ook diegene wat beweer dat Kersfees aan die duiwel behoort, miskien omdat “santa” kwansuis as anagram van “satan” beskou word. “Santa” is egter afkomstig van St. Nicholas [saint/santa Nic] wie destyds in die naam van Christus aalmoese uitgedeel het aan behoeftige mense (Ek skat nou kan ons ook beweer dat “Nic” weer verwys na “ou Niek” – ʼn Suid Afrikaanse bynaam vir die duiwel).
Om Martin Luther aan te haal: "The best way to drive out the devil, if he will not yield to texts of Scripture, is to jeer and flout him, for he cannot bear scorn".
Satan se selftrots word reeds ondermyn deurdat hy baie goed besef sy stryd teen God is ñ klug. Hy benodig dus dat ons hom ernstig opneem en hy verafsku om uitgelag te word. Mense wat Kersdag deurbring in twyfel oor moontlike heidense invloede doen eintlik presies wat satan wil hê. Deur hom soveel respek te toon om die geboorteviering van Jesus in vrees deur te bring, skenk ons kredietwaardigheid aan hom.
Ons behoort Kersfees dus eerder met oorgawe te vier. As ons vreugde beoefen in Jesus se geboorte word die duiwel tydens Kersfees verjaag.
Die anti-Kersfees bewegings sal ongelukkig altyd met ons wees. Vanweë die beweerde heidendse oorsprong asook omdat dit ñ Roomskatolieke vakansie was (“Christ-mass”) het Protestante gedurende die 17de eeu reeds besluit dat hulle nie Kersfees sal vier nie. En ja, niemand weet presies wanneer Jesus gebore is nie, maar is dit werklik so verkeerd om ʼn arbitrêre datum te bepaal waarop ons dit kan vier? (eintlik behoort ons dit elke dag te vier…)
Ek is verheug dat hulle onsuksesvol was – hoe goed die bedoelinge ook al. Hoe bleek en verlate sou ons lewens nie sonder Kersfees gewees het nie! Ons kon die geleentheid om Jesus se eerste koms te vier en die kans om getuies te lewer, verloor het.
Ten spyte van wie wat sê, moet ons egter self die keuses maak waarmee ons kan saamleef. Hier sal ons, ons eie oortuiginge moet ondersoek. Is dit moontlik dat ons vrese oor Kersfees dalk juis Kersfees ondermyn? Is ons wyses van Kersfees vier dalk ñ Romeine 14 kwessie – “disputable matter[s]”? Waarom is ons in hierdie wêreld? Is dit sodat ons in ñ veilige omgewing kan leef, beskermd teen alle moontlike gevare; of is ons juis veronderstel om Lig te sprei in hierdie gevaarlike wêreld? Kan ons dalk in die wêreld wees, maar nie van die wêreld nie?
As ons Kersfees opgee eenvoudig omdat ons bang is dat ons kersboom of versierings dalk ontwikkel het uit ñ heidense gebruik, of omdat iemand anders dalk ʼn ander simboliese betekenis daaraan heg, verloor ons die genadeval van Jesus se geboorte. Dan verdoem ons ook ons medemens tot ñ somber Kersfees omdat ons vreugdeviering en gelag nie meer daar sal wees om die duiwel te help verdryf nie.
Mag u en u familie ʼn baie Gesëende Kersfees en Nuwejaar deurbring!